|
|
| Gemeenteblad van die NG Gemeente Townsview - November 2000 |
|
|
|
|
|
Belydenis van geloof lei tot nuwe identiteit |
|
Voor: Heidi Henning, Anneke Goosen, Bella Swart, ds. Christie van Zyl, oudl. Nico Martins, Linda Taylor, Natassia de Beer, Andries GreeffMiddel: Topaz Fleischer, Talita van Zyl, Antoinette Gersbach, Leandra Maree, Tanya Ihlenfeldt, Fleur Bezuidenhout, Talita Veldsman, Odelia Martins, Astrid Nel Agter: Fanie Ferreira, André Loock, Rita Swart, Nicolaas van der Walt, Rayno Bezuidenhout, Louise de Wet, André van der Westhuizen, Johan du Preez, Lenus Swanepoel, Stephanie Jansen, Gerhard Rabie |
|
"Ons het
vanaand met die wonderwerk van die geloof te doen", het ds.
Christie van Zyl gesê by die belydenisaflegging van 27 katkisante op 15
Oktober. Ds. Van Zyl het die boodskap gebring na aanleiding van 1 Petrus
2:9. Om te glo, gebeur nie vanself nie; ‘n mens kan dit ook nie bewerkstellig nie. Dis ‘n gawe van God en ‘n oortuiging van die Heilige Gees. Daarom loof ons die Here vir wat in die lewens van die 27 jongmense gebeur – dat hulle elkeen hulle geloof in die Here bely! Die aand is vir hulle ‘n besondere geleentheid waar die Here vir elkeen ‘n goue medalje om die nek kom hang. Dis ‘n hoogtepunt; ‘n oorwinningsgeleentheid waar hulle deel in die oorwinning wat Jesus vir hulle aan die kruis behaal het. Hulle is dus nie slawe van die sonde nie. Hulle is nuwe mense met ‘n nuwe identiteit: Christen, kind van God, uitverkore. Dis egter ‘n oorwinning wat hulle erf en nie self verwerf nie. Die Here het alles gedoen. Hulle moet dit net aanvaar en toe-eien. Die Bybel sê die medalje beteken:
Die goue
medalje is die merk van die Here wat die wêreld laat verstaan: hierdie
is my oorwinningskind. |
|
Sondagbeplanning: Ontgin die dag vir die Here |
|
U het seker al by
dié tyd verneem dat die kerkraad beoog om gedurende die jaar 2001 die
aantal dienste op Sondae na twee te vermeerder. U mag ook gehoor het dat
die kerkraad beoog om ander aktiwiteite ook op Sondae te reël, soos ‘n
Bybelskool, bidure, groepbesprekings en kommissievergaderings. 8h00 – 9h00 - Erediens (nie tydens Nagmaal)
9h00 – 10h00 - Kategese
10h00 – 11h00 - Erediens (doop/Nagmaal) 11h00 – 12h00 - Uitreikaksies
18h30 – 19h30 - Toerusting / Kursusse
U sal ook merk dat daar gepoog word om soveel as moontlik gemeentelede se behoeftes aan variasie met die Sondagindeling te akkommodeer. Die indeling skep ook die geleentheid om aksies by te voeg of weg te laat. Die Eredienskommissie se leuse is dan ook: ONTGIN DIE DAG VIR DIE HERE deur middel van:
Waar pas u in die
indeling in? Hou die kerkalmanak, afkondigings en bord in die portaal
dop. U sal verras wees oor die nuwe geleenthede om uself geestelik op te
bou en betrokke te raak. Kom deel in ons nuwe Sondag!
Lees 2 Samuel 6 as u weer wil kennis neem hoe die volk van God, God geloof en prys het, wat die voorloper was van die eredienste van vandag. - Nico Martins: Eredienskommissie |
|
|
|
|
Hy sit aan die regterhand van God om vir ons in te tree. Hy berei vir ons ‘n plek voor by die Vader, maar Hy is ook nou en hier by ons deur sy Heilige Gees. Prys R79,95 |
![]() |
|
|
![]() |
|
Prys R44,95 |
![]() |
|
|
![]() |
|
Solank jy die regte beginsels toepas, groei jy tog – in die wortels – dis die voorbereiding. Prys R49,95 |
![]() |
|
|
|
|
Dopelinge Die volgende babas is sedert ons vorige uitgawe in die gemeente gedoop:
Mag die ouers die wysheid en geestelike toerusting ontvang om hulle doopbelofte getrou na te kom. |
![]() |
|
|
|
In memoriam Sedert ons vorige uitgawe is mnr. Hannes van Rooyen van Renaissance 165 oorlede. Ons betuig ons innige meegevoel met sy eggenote Rina en die familie. |
Nuwe intrekkers Hartlik welkom aan die volgende nuwe lidmate wat in ons gemeente ingetrek het:
|
|
Dankbetuigings Marais Baie dankie vir al die belangstelling, telefoonoproepe, kaartjies en besoeke tydens my operasie op 27 Julie. Dankie dat julle ons nie in julle gebede vergeet het nie. Die operasie was ‘n sukses. Seënwense. - Anna (Nien) Marais Craffords Net nadat dit bekend geword het dat ons motor in ‘n ongeluk afgeskryf was, het Alwyn du Preez sonder aarseling ‘n motor aangebied vir ‘n onbepaalde tyd. Dankie Alwyn; jy het ons weer eens geleer dat ons nie net hoorders moet wees nie maar ook daders en jou medemens in nood moet help. - Richard en Estelle Vrouediens Al die dames wil graag vir tannie Roos baie dankie sê vir die fraai, mooi kleedkamergordyn wat sy met liefde gemaak en geskenk het. - Vrouediens Waarderende lidmaat ‘n Vriendelike dankie aan Chrisna wat so getrou besielende gedagtes vir die week aan ons deurgee. Daar is altyd iets om die gees te bemoedig. - ‘n Waarderende lidmaat |
|
Nuus van Stillekrag Op 20 September is die koms van die lente gevier met ‘n talentoggend. Lede van Mondeor het besoek afgelê en verskeie items is gelewer wat groot byval gevind het. Heerlike verversings het die oggend afgesluit.
Voor: Alet Steyn, Larry Viljoen,
Heila Hattingh
|
Tant Babs en oom Paul Naudé was onder dié wat opgetree het. Afsluiting Stillekrag het die jaar op 18
Oktober afgesluit met ‘n gesamentlike ete by Leeway’s Kwekery.
Tant Aggie het op 1 Oktober en oom Chris op 23 September 80 jaar oud geword. Ons hartlike gelukwense aan hulle. |
|
‘n Groot geleentheid vir pastoriegesin …
Ds.
Christie van Zyl het die belydenisaflegging van sy dogter Talita
waargeneem. |
|
Tiende maand dankoffer Elke jaar kry lidmate die geleentheid om ons
dankbaarheid te toon vir soveel seën wat ons uit die hand van die Here
ontvang het. |
|
Werkklasse gestaak Dit is ‘n jammerte dat die werkklasse vir
huiswerkers vanjaar gestaak moes word vanweë min belangstelling. |
![]() |
Jesus
het regtig alles vernuwe - Ds Christie van Zyl Die grootste revolusionêr van alle tye is sekerlik Jesus Christus. Hy het die Jode van sy tyd se godsdienstige kaarte behoorlik deurmekaar gekrap. Dit was Hy wat hul gemaakte vroomheid en geestelike bybedoelings in die openbaar ontmasker het. Hulle het probeer om Hom as godslasteraar en ketter uit te maak, maar telkens was dit Hy wat hulle baie vindingryk op die neus laat kyk het. Want vir Hom het dit gegaan oor die waarheid van God. Hy was onverskrokke en reguit in sy prediking, maar tog ook sensitief en medemenslik. |
| Die belangrikste
van alles is egter dat Jesus met ‘n nuwe, vars boodskap na die wêreld
toe gekom het. Hy het die koninkryk van God op ‘n unieke nuwe wyse na
ons toe gebring. Daarvoor het Hy Homself gebruik. Hy was die menslike
gestalte van God se genade en in Hom het al die beloftes van ons hemelse
Vader waar geword. Jesus was die meesterkunstenaar wat die skepping
helder ingekleur het met ‘n goddelike nuutheid. Hy het nie net die
sonde vir goed vernietig nie, maar ook vir ons kom leer hoe om op
hierdie nuwe manier mens te wees en hoe om Hom voortdurend te ontdek as
die God wat ons telkens verras. Wanneer ons aan die einde van 2000
Kersfees gaan vier, moet ons dit onthou. Dis nie ‘n ou fees wat slegs
maar die gebeure van so om en by 2000 jaar gelede wil gedenk nie. Dit
moet vir ons ‘n nuwe verruklike fees word waar ons keer op keer die
goedheid en wonderlike liefde van God herontdek, van nuuts af waardeer
en telkens in ons lewens toepas.
Eintlik het ‘n nuwe kyk na Jesus nie net ons Kersfeesvieringe aan die einde van die jaar in die oog nie, maar ons hele Christelike geloofslewe wat ons kerkwees en gemeentewees insluit. Ons is mense wat tydens die opbloei van tegnologie en nuwe eietydse denke leef. Dit skep gevare en uitdagings vir die Christendom. Maar dit maak ook nuwe moontlikhede oop en stel eietydse uitdagings. Die kerk moet dus met sy eeue oue universele boodskap van God se bestaan, heerskappy en reddingswerk tydig wees. Die teenwoordigheid en ingrype van God moet duidelik raakgesien en baie effektief aan alle mense verkondig word. Die inhoud van die heilsboodskap moet in nuwe verpakkings by die deure van mense se harte afgelewer word. U en ek moet dus kan ruimte maak vir die wonder van ‘n maagdelike geboorte in ‘n landelike omgewing en toelaat dat dit ons nie net aanspreek nie, maar ook ons lewens op ‘n goddelike manier beïnvloed. Die trefkrag van Jesus se koms na die wêreld mag nie iewers agterbly nie. Dit moet in die woorde en wysies van splinternuwe liedere weerklink en op kerke se webblaaie en van kansels af moet die boodskap steeds verder kring. Ons moet God soek en vind in ons eie lewensdae, want Hy is mos deur sy Seun ook vandag teenwoordig en in beheer. Verder moet ons uitvind hoedat God elkeen van ons wil aanwend om sy liefde en betrokkenheid in ons wêreld te toon. Dis nie verniet dat Hy ons juis in hierdie tyd in hierdie land laat woon en werk nie. Ons word geroep om hier en nou ‘n verskil te maak, maar dié verskil hang nie van onsself af nie. Dit is God se werk in ons. En ons moet sy medewerkers wees. Townsview Gemeente moet dus ‘n tydige gemeente wees wat eietyds deurgaans bewus is van die nuutheid en die varsheid van God se teenwoordigheid, sy versoeningswerk asook van al die seëninge en gawes wat Hy gee. Ons wil raaksien dat ons lidmate bepaalde omstandighede en behoeftes het asook gawes en bereidwilligheid. Ons wil begrip vir ons kinders en jongmense se vrae, vrese, vermoëns en geleenthede hê. Ons wil brûe na God en na mekaar bou sodat ons kan sien en kan ervaar hoedat God ons telkens vernuwe en saambind as sy eiendom. Ons wil toelaat dat God ons harte en denke nuut maak soos wat die Bybel ons oproep by Romeine 12. Dan sal ons ook die sin en waarde ontdek van al die planne van die gemeente vir 2001. Die gemeente is ‘n op-weg-wees gemeente na die dag wanneer God alles ten volle gaan nuut maak [Openbaringe 21:5]. Maar eintlik het Hy in Jesus Christus reeds daarmee begin. Hy doen dit dag vir dag in ons harte en lewens. Loof en prys Hom daarvoor. - Ds. Christie van Zyl |
|
‘n
Kleuterskool by die kerk? |
|
Die
kerkraad is deur die maatskappy Smiley Kids genader om ‘n gedeelte van
die kerkgeboue aan hulle teen ‘n maandelikse huur beskikbaar te stel
om ‘n kleuterskool en naskoolsentrum te bedryf. Aanvanklik het almal
die wenkbroue gelig en gewonder of so iets kan werk en of ons onsself
daarin moet begeef. Die dagbestuur is getaak om die saak te ondersoek en
daar is met die aansoekers begin onderhandel. Nadat kontak gemaak is met
gemeentes waar dit reeds plaasvind, die kontrak onder hande geneem en
aangepas is en van verskeie kante insette ingewin is, het die saak
lewensvatbaar begin lyk. Toe die gemeente se finansiële posisie van ‘n
R30 000 tekort op hierdie stadium van die finansiële jaar in ag geneem
is, moes almal instem dat dit vir die gemeente tot groot voordeel kan
wees. Dit hou egter ook verdere voordele soos die volgende in:
|
Nadele kan daar ook wees soos skade aan eiendom en perseel. Kontraktueel is die kleuterskool egter daarvoor verantwoordelik en behoort sodanige en ander probleme met die nodige kommunikasie, begrip en goeie gesindheid opgelos te kan word. Per slot van sake het Jesus mos gesê dat die koninkryk aan die kinders behoort. Moet ons nie ook na hulle omsien nie? Indien die beplanning reg verloop, behoort Smiley Kids op 1 Desember met hul diens te begin. Persone wat meer inligting verlang of voel dat hulle ‘n mening wil lug, is welkom om met enige lid van die dagbestuur te praat. Die kontrak is ook beskikbaar vir gemeentelede se insae. - Ds. Christie van Zyl |
|
Hoërskool Fakkel se koor by erediens
Die koor van Hoërskool Fakkel wat onder leiding van mev. Hardie van der Westhuizen luister verleen het aan ons erediens op 8 Oktober |
|
Dankie Ek wonder hoeveel mense onthou nog die bekende
liedjie Dankie wat in die laat jare ’60 deur Lance James
geskryf is. Dit is dikwels deur die bekende Groep 2 gesing. - Gawie Stoltz: orrelis |
Nagmaal "anders" gevier Die Nagmaalviering op Sondagaand 22 Oktober was
verrassend anders as waaraan ons gewoond is. |
|
Sondagskoolgroepie in "die kombuis"
Hierdie vriendelike gr.
5-groepie is in ‘n syvertrek van die oratorium aangetref. |
|
Gemeente revue bied lekker luisterstof "Die kêrel het vir sy nooientjie gesê:
‘Kom ons gaan blomme pluk in die vlei’. Toe hulle daar kom, was daar
ander mense ook en toe moes hulle maar blomme pluk". Met
hierdie staaltjie het oom Larry Viljoen die gaste by die gemeente revue
laat skaterlag. Daarna het hy die bekende melodie op sy mondfluitjie
gespeel. |
Hulle het by die revue opgetree … |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Afrikaners is plesierig "My Sarie Marais is so ver van my af en ek
hoop om haar weer te sien". So het die storie begin wat op 28 Julie
in die oratorium vertel is deur sang (Hannelie Viljoen), bekfluitjie
(Richard Crafford) en voorlesing (Adéle Calitz). " " = uitreksels uit gedigte en prosastukke in Kabaret. - Adéle Calitz |
|
Musiek – taal sonder grense Na aanleiding van ‘n versoek om voorbidding
vir die wyke in Renaissance het daar heelwat positiewe reaksie vanuit
die gemeente gekom. Verskeie dames het aangebied om eensame bejaardes te
besoek. Richard en sy musiekspan was dadelik ook weer bereid om die
seniors met musiek en sang te kom vermaak. Adéle Martins het namens die
jongmense hulp aangebied. - Joey Cruywagen |
|
Kinderhuise verdien ons steun |
| Dat
Townsview ‘n vooggemeente van Huis Bouwer en Maria Kloppers se
babasaal is, plaas ‘n groot verantwoordelikheid op ons skouers. Ons
moet daadwerklik meehelp dat die lot van minder bevoorregte kinders
verlig word. Daarom is ons so dankbaar vir lidmate van ons gemeente wat voortdurend betrokke is en help waar hulle kan. Onlangs het drie kranige ondersteuners van die babasaal van Maria Kloppers daar besoek afgelê. Lida Viljoen maak elke winter sweetpakkies en Sandra en Yvette Kruger (ma en dogter) brei reeds ‘n dekade lank elke winter truitjies en kombersies. Die vrouediens bring groot dank aan hulle. Die babasaal het die besoek en bydrae baie waardeer. |
Lida Viljoen, Yvette en Sandra Kruger by inwonertjies van die tehuis |
|
Stap-vakansietjie verkwikkend |
| Die
verkeer na die noorde op ‘n langnaweek-Vrydagmiddag is skrikwekkend.
Dit is wat Fanie Vlok en Riana Coetzer die naweek van 22 – 25
September uitgevind het. Hulle was die laatkommers by Madikela
Wildsplaas waar ‘n groepie van ons gemeente gaan stap het.
‘n Mens kry natuurlik stap en stap. Party ouens hou van swaar rugsakke, hoë berge, diep riviere en waterblase aan hulle voete. En hoewel daar stappers van hierdie formaat in die groep was, het niemand verontreg gevoel toe die staptoer geriefliker in die kategorie van ‘n rustige bosveldnaweek ingepas is nie. Daar was selfs warm water, sagte matrasse, ‘n yskas en spoelgeriewe! |
Nie
dat daar nie gestap is nie. Natuurlik! Dis mos waarvoor ons soontoe
gegaan het. Ons het selfs oor rotse geklim, wild bekruip en deur dik
sand gesukkel. Maar ook seker gemaak dat ons elke keer terug is by die
kamp voordat ons onsself te veel sou ooreis. Net om lekker in die lapa
of langs die swembad ‘n bietjie te vergeet van die stad waar ons
onsself so maklik verloor.
Dit was ‘n rustige naweek sonder inspanning, programme en gepraat. En tog ‘n luukse tydjie waar ons die handewerke van ons God kon geniet en in die stilte ‘n bietjie nader aan Hom kon kom. O ja! Ons het geëet ook! Te lekker en miskien ‘n bietjie te veel. |
|
Die stappers … vars en lus vir die roete |
| Die volgende
uitgawe van Die Oproep verskyn DV begin Februarie 2001. Sluitingsdatum
vir bydraes: 14 Januarie 2001.
Jan Pretorius, tel. 682-1609. |