| Gemeenteblad van die NG Gemeente Townsview - Mei 2000 |
|
|
|
Jesus, gróót bo almal … So het die gemeente by die Paassangdiens
gesing waar die lyding en sterwe van Christus op treffende wyse herdenk
is.
|
|
|
Gemeente se aksieplan goed op dreef Inligting oor die gemeente se beplanningsaksie 2000 is tevore by ‘n
oggenddiens en in Die Oproep oorgedra. Die verskillende kommissies is hard
aan die werk. 2. Die voorstel van ‘n aantal jongmense om babas jonger as 2 jaar tydens eredienste op te pas, is deur Rachel du Preez ondersoek. Hierdie diens sal vir ‘n paar Sondae afgekondig word en indien daar goeie reaksie is, sal dit voortgesit word. 3. Sending en Evangelisasie:
Ten opsigte van die vestiging van bewustheid, word die volgende beplan:
Implementering sal behels:
Die kommissie se visie is geneem uit Matt. 28:18. 4. ‘n Boekwinkel sal gevestig word waar geestelike boeke, CD’s, kaartjies en geskenke te koop aangebied sal word. ‘n Uitleenfasiliteit en leeshoekie sal ook geskep word. 5. Ander aksies geniet nog aandag.Chrisna du Ru |
|
|
By die beplanningsvergadering
|
|
|
Pinkster 2000 Hemelvaartdag is vanjaar op Donderdag 1 Junie. Die Hemelvaartdiens word
om 19:00 die aand in ons kerk gehou.
|
|
|
Townsview Gemeente Webblad
Op 14 Maart is die webblad van Townsview gemeente vir die eerste keer
op die Internet gepubliseer. Die webblad is geskep as een van die aksies
wat geïdentifiseer is deur "Beplanningsaksie 2000" |
|
|
Op die boekrak Dié gereelde rubriek verskyn nie in hierdie uitgawe nie aangesien geen nuus oor nuwe boeke van Lux Verbi ontvang is nie. Uitgawes van Die Oproep is gereeld aan Lux Verbi gestuur sodat die firma insae kon hê in ons aanwending van hulle reklamemateriaal. |
Brokkie
Lidmate word bedank vir hulle mooi reaksie.
|
|
Seniors verower talle pryse Ses van ons senior lidmate het mooi presteer met hulle handwerk by die intergroepdag op Alberton. Hulle verskyn op die foto hieronder.
|
|
|
Dopelinge Die volgende babas is sedert ons vorige uitgawe in die gemeente gedoop:
Mag die doopouers die krag en leiding van die Here ontvang om hulle doopbelofte getrou na te kom.
|
![]() |
|
|
|
|
Nuwe intrekkers Hartlike welkom aan die volgende nuwe lidmate wat in ons gemeente ingetrek het:
Mnr. en mev. C. van der Westhuizen, Fatima Court 1, Veronastraat, Rosettenville |
In memoriam Annamarie van der Merwe is op 20 Maart oorlede. Sy was die eggenote van ouderling Japie van der Merwe. Innige meegevoel word betuig met Japie en die kinders, Jaco, Herman en Lizmari asook ander familie.
|
|
‘n Persiese spreuk lui: "As jy
altyd in die sonskyn is, is jy in die woestyn!" Daar is vrugte wat
net die reën kan voortbring en sekere geesteswinste wat alleen uit
droefheid ontstaan. |
|
|
Sononder of dagbreek – vir ons bejaardes Daar is tydens die beplanningsvergadering van die gemeente ‘n bepaalde behoefte ten opsigte van bejaardes uitgewys:
In die nuwe eeu is hierdie probleem reeds daadwerklik in Renaissance
aangespreek. Die Bybelstudie is altyd getrou deur ‘n klompie lidmate
bygewoon. Onder leiding van dr. Van Rensburg het hierdie lidmate ander
so geïnspireer dat die Bybelstudie nou deur gemiddeld 30 persone
bygewoon word. (Tydens ‘n aand-filmvertoning, wat betrekking op die
lesse het, was daar 45 persone). Dankbare groeplid
|
|
![]() |
Is jy ook bankrot?
Dr. Christo van Rensburg |
| Op ‘n dag het ‘n koning besluit om sy
boeke na te gaan en te kyk wie van sy onderdane hom geld skuld. Hy kom
toe met skok agter dat een onderdaan hom ‘n paar miljoen rand skuld.
Die koning het hom dadelik laat haal en om ‘n verduideliking gevra. Die man het met skaamte bely dat hy bankrot was en dus nie in staat was om die koning terug te betaal nie. Al oplossing wat die koning gehad het, was om te beveel dat die man, sy vrou en kinders en al sy besittings verkoop moes word en die opbrens gebruik word om sy skuld te betaal. Toe die man dit hoor, het hy op sy knieë voor die koning neergeval en hom gesoebat om tog maar geduldig met hom te wees. "Gee my asseblief uitstel; ek sal u alles terugbetaal." Toe die koning die man daar voor hom op sy knieë hoor smeek, het hy hom innig jammer gekry. Oor sy skuldbrief het hy geskrywe: "Betaal", en hom toe huis toe laat gaan. Die bedoeling van hierdie verhaal van die Here Jesus is baie duidelik. As sondaar is ons die amptenaar wat so in die skuld is. Op ‘n treffende wyse beskrywe die Here Jesus ons absolute verlorenheid en hulpeloosheid voor God, wat die Koning is. Hierdie diepe skuld voor God beskrywe Izak de Villiers pragtig in sy gedig Balansstaat. "O, Heer, ek dank U vir U groot geduld God vergewe – omdat Hy ons liefhet. Hy weet dat almal van ons
vergiffenis nodig het om die volgende dag weer op te kan staan en met
die lewe aan te gaan. Daarom wil Hy ons sonde van ons verwyder so ver as
wat die Ooste van die Weste af is (Psalm 103:12). Oor ons skuld wil Hy
so bitter graag die woorde "Betaal!" skrywe.
Maar dan verwag Hy twee dinge van ons. Die eerste vind ons in 1 Johannes
1:9: ' I.L. de Villiers, Leitourgos. Tafelberg. 1972 Dr. Christo van Rensburg |
![]() |
In Soweto is daar kinders van God
Ds. Christie van Zyl
|
| Wanneer ‘n mens
Soweto binnery, voel dit vir jou asof die groot stad met die baie mense
jou insluk en jy jouself in ‘n ander wêreld bevind. Hoewel nie ver
van ons bekende omgewing af nie, is Soweto ‘n unieke stad waar die
verstedelikte Afrika baie duidelik sigbaar word. Net deur te let op die
massas mense, honderde taxi’s, straatmarkte en tipiese Afrika-styl
bedrywighede laat by jou die indruk dat daar nog so baie te leer en te
ontdek is van jou eie land. Soweto is lankal nie meer’n landelike
gebied nie. Dis ‘n stad en sommer ook ‘n enorme groot een. Nogtans
is dit nie vreemd om tussen die straatrumoer ‘n donkiekar, melkkoei en
‘n boerbok raak te sien nie. Ons neem kennis van geweldige misdaad en
armoede. Maar daar is ook blydskap en vreugde op die mense se gesigte te
lees. Dit laat jou wonder of hoë Westerse standaarde werklik enige
waarborg van voorspoed en geluk kan bied soos wat die meeste van ons
dikwels verwag. Tog ry ‘n mens deur woongebiede bekend as Chiawelo, Pimville, Moroka, Jabulani en Emdeni en jy wonder na die sieleheil van al die baie mense wat daar woon. Dis mense wie se daaglikse lewe nie ver staan van verkragtings en moord en gesinsgeweld nie. Op straatvlak beleef hulle hongersnood, dronkenskap en werkloosheid. En gou kom jy agter dat hulle werklik in die strate lewe, want daar is nie hoë mure om die huise waar agter jy jou kan verskans nie. Maar te midde van die negatiewe persepsie wat ons maklik oor die omstandighede daar kan hê, lewer die talle klein kerkies en moskees ‘n getuienis van die teenwoordige godsdienstigheid in hierdie swartmense se lewens. Dis nie groot gemeentes nie, maar klein groepies. Hulle glo nie almal op dieselfde manier dieselfde dinge oor God nie, maar hulle soek Hom opreg en hulle aanbid Hom met oorgawe. En dan is hulle ook nog daar vir mekaar, want hulle het mekaar elke dag baie nodig. Oor hoeveel van die inwoners van Soweto Christene is, wonder ons net soos wat ons wonder oor hoeveel van Johannesburg se mense Christene is. Feit bly staan: God se kinders is ook daar. Ons kerk het ‘n betrokkenheid by die kerk in Soweto en omgewing wat al oor dekades strek. Dit vind op alle vlakke van die kerklike lewe plaas, maar vir ons inligting ook wat ons eie gemeente en ring betref. Sedert die vyftigerjare is die Ring van Turffontein by vier gemeentes daadwerklik betrokke by name Orlando, Mofolo, Klipspruit en Eikenhof wat elkeen deur ‘n leraar bedien word. Hoewel daar sporadies kontak gemaak word, strek ons aandeel grootliks finansieel. Gedurende die laaste finansiële jaar is daar R21 600 aan hierdie vier gemeentes oorbetaal ten einde hulle in staat te stel om die evangelie daar te verkondig. [28% van hierdie geld kom uit Townsview]. Dit is nie groot bedrae nie, maar dit maak die verskil of die werk voortgaan al dan nie. Die gemeentes bestaan merendeels uit bejaardes en enkelouers. Hulle het egter ‘n roeping om mense na die Here te lei. Verder sit hulle met die sogenaamde "lost generation" wat groot uitdagings stel. Sosiale en politieke probleme maak die taak van die kerk nie makliker nie. Ondertussen het Orlando gemeente laat blyk dat hulle nie meer geldelike steun benodig nie. Bo en behalwe ‘n paar rand elke maand het die gemeentes by wie ons betrokke is, ons aandag en voorbidding nodig. Kom ons gee dit sonder voorbehoud vanuit die oortuiging dat God sy goeie werk sodanig wil voortsit. Ds. Christie van Zyl |
|
|
|
Die 16e eeuse kerklied
Gawie Stoltz |
| Die inspuiting wat die 16e
eeuse kerklied van die volkslied gekry het, was van die allergrootste
belang. Die kerklied het ontstaan deurdat ‘n volkslied aangepas is vir
kerkgebruik. (Kontrafak genoem). Enkele van ons Psalmmelodieë en ‘n hele klompie gesange is 16e eeuse Kontrafakte. Sulke Kontrafakte kan natuurlik maklik aangeleer word omdat hulle by die volksidioom aangesluit het. Luther was waarskynlik die eerste Protestantse kerklieddigter wat ‘n Psalm berym het. Sy beroemde lied "Ein feste Burg" (‘n Vaste burg) is ‘n beryming van Ps. 46. Hierdie en ook ander Psalmberymings van hom is baie vryer as dié van Calvyn se Psalmberymers, Marot en Beza. Hulle moes in hulle berymings net die inhoud van die Bybelse Psalms weergee, terwyl Luther en sy medewerkers onder meer ook die Die kerkliedere uit Lutherse kring was gekenmerk deur hulle ongekunsteldheid en die eenvoud en krag waarmee hulle die evangeliese waarhede gestel het. Hulle roep op tot die stryd teen die duiwel en sy trawante, maar adem ook berusting in God wat reeds die oorwinning behaal het. Luther en sy tydgenote het nog die gebruik van die meestersangers gevolg deur self melodieë te vind vir hulle tekste. Ons is dus nie verbaas om te lees dat daar van Lutherse korale gesê is: "Luther het meer mense deur sy liedere vir die hervorming gewen as deur sy preke". |
|
Stillekrag vier mondigwording In 1979 het Lydia Campher by ‘n vrouediensvergadering aan mev.
Johanna van Rensburg, ‘n voormalige leraarsvrou, gevra of in Townsview
gemeente nie ‘n belangegroep bestaande uit senior lidmate gestig kon
word nie. So het Stillekrag tot stand gekom. |
|
|
Selgroep – lewende ervaring vir jongmense Tyd om stil te word, te luister, hande te vat en saam by God se voete
as jongmense bymekaar te kom. - Adele Calitz |
|
![]() |
Twee lede van die selgroep, Adéle Crafford en Jaco Calitz,
is op 19 Februarie
|
|
|
|
|
Dr. André Basson na Kanada Dr. André Basson is vir baie jare ‘n
bekende in ons gemeente en het hier ook as ouderling gedien. Hy het
begin April na Kanada vertrek waar hy ‘n leraarspos aanvaar het. Hy is
gevra om meer te vertel van die gemeente waarin hy sal dien. Hy vertel: |
|
|
|
Handsokker vir die jonges
Van die 16 jonges wat hulle name op ‘n lys geplaas het om die handsokkeraand van Richard Crafford op 17 Maart by te woon, het net vier opgedaag. Hulle verskyn op die foto hieronder. Die ander 12 het nie hulle voorneme uitgevoer nie. |
|
Nuus van die Bybelgenootskap Bibliathon 2000 is ‘n projek waardeur die
Bybelgenootskap, in samewerking met die Christengemeenskap, R15 miljoen
wil insamel om in Bybelbehoeftes in Suid-Afrika en regdeur die wêreld
te voorsien. |
|
Proe-oggend sorg vir heerlike disse
Op 19 Maart 2000, net na die Nagmaal het al
die gemeentelede agtergebly, ‘n teelepel en piering in die hand gekry en
R10 betaal om te proe. Hierdie oggend was ‘n fondsinsamelingspoging van
die vroue om die tekort op die gemeentebegroting aan te vul. |
|
Besoek aan Maria Kloppers Kinderhawe Drie van ons vrouelidmate het onlangs by Maria Kloppers Kinderhawe gekuier. Die babasaal was eintlik die plek waar hulle aandag gefokus was. Die kleintjies is bederf met koekies en koeldrank en met deernis vasgehou.
'n Personeellid, Kobie Smal en Minneke du Plooy
|
|
Nagmaal op suur noot gevier Met elke teug het ‘n mond soos ‘n gedroogde pruim geplooi. Elke
slukkie was beslis nie ‘n meesterstuk nie. Iemand wat ‘n goeie blik op
die Nagmaaltafel gehad het, bevestig: Daar was nog nooit soveel "suurgesig"
ouderlinge nie.
|