|
|
| Gemeenteblad van die NG Gemeente Townsview - Februarie 2002 |
|
|
|
KERSSANGDIENS – 25 NOVEMBER 2001 |
|||
|
PROTES TEEN KERSFEES Ek
gaan my koes hou Ek
gaan na ons nagtelike somerhemel kyk Ek
wil my vasklem aan die krip Liena Spies Die bydrae van hierdie gewillige lidmate tot die Kerssangdiens het weereens gehelp om die gewydheid van Kersfees te beklemtoon en almal oor die betekenis daarvan te laat nadink. Ons bedank hulle daarvoor. - Kleinkie Engelbrecht |
|
|
|
|
|
|
||
|
|
|
||
|
|
|
||
|
KERKGEBOU WEER NETJIES |
|
Tydens ‘n ondersoek na die toestand van die kerkgebou het die Eiendomskommissie bevind dat daar noodsaaklike instandhoudingswerk gedoen moes word. Sedert die voltooiing van die bouwerk in 1970, is daar nog nie veel aan die buitewerk gedoen nie en na 31 jaar was dit seker weer nodig. Dit was veral die nok en oorhang van die dak, gepleisterde muurpanele, vensterrame, houtwerk, asook die toring, wat aandag nodig gehad het. In die proses om jarelange verweer reg te stel, sou die kerk dan ook met ‘n netjieser aansig kon pronk. Terwyl die steierwerk opgerig was, het ons van die geleentheid gebruik gemaak om die kerkklok, wat sedert 1976 buite werking was, te herstel. Dirk Nel en Nannie en Roelf Beyers was die manne wat die hoogte trotseer het en die nodige gedoen het. Nou kan die klok weer lui. Om die werk gedoen te kry, het die Kerkraad besluit om fondse uit die belegging aan te wend met die gedagte om dit mettertyd weer aan te vul. Ons is egter dankbaar vir ‘n oud-lidmaat, mnr Hansie Nel van die kontrakteurs, wat die werk teen ‘n baie billike prys vir ons gedoen het. Dankie ook aan Albert van Wyk en die Eiendomskommissie vir die organisering en toesig. Ons glo dat ons kerkgebou nou weer vir die volgende 30 jaar as baken vir die evangelie in die suide van Johannesburg kan staan alvorens daar weer instandhouding gedoen sal moet word. - Ds. Christie van Zyl |
|
|
![]() |
|
Smag jy daarna om te weet wat God se maatstawwe vir sukses is? Voed jouself dan met die ewige waarhede wat in hierdie Bybelstudie opgesluit is. Die elf studies ondersoek Bybelse riglyne vir ‘n godvrugtige lewe. Kom ontdek voortreflikheid op enige terrein!
Is jy gereed om die volgende tree op jou geestelike reis te neem? Deur eietydse vertellings en ‘n deeglike ondersoek van die Woord lei die skrywer ons om die eenvoudige waarhede van ‘n vrugtevolle gebedslewe te ontdek. Kom deel in die gawe van kommunikasie met God. Hierdie Bybelstudie is geskik vir persoonlike en groepstudie. Dit sluit ook ‘n handleiding vir groepleiers in. |
|
|
|
Dopelinge
Ons kindjie is gedoop:
|
In
Memoriam
Tannie
van Wyk, Constantia Mews 7, Bassonia. Ons innige meegevoel word betuig met hulle familie, asook met Franscois en Hester Gersbach wie se vader oorlede is. |
|
|
Nuwe lidmate Baie welkom aan mnr O C Fourie van Crozierstraat 9, Townsview. Hemelse Telefoonnommers Wanneer
jy ontsteld is, skakel Joh 14. Noodnommers kan direk geskakel word. Al die lyne is 24 uur per dag oop. Skakel gerus!! |
|
SODAT NIE EEN VERLORE GAAN NIE… Al die gemeente-aktiwiteite vir die jaar is op geestelike groei gerig. Die Kerkraad wil graag by wyse van al die aksies groter deelname en betrokkenheid van lidmate bevorder. Dit word al hoe belangriker vir Christene om mekaar by te staan en saam te deel in die aanbidding en diens van die Here. Hier volg ‘n paar belangrike aktiwiteite wat vir 2002 beplan word:
Die gemeentevisie bly: Sodat nie een verlore gaan nie deur liefde vir God en ons naaste. Mag dit ook waar wees van 2002 en mag alles wat in Townsview gebeur die Here tot eer en aanbidding strek. - Ds. Christie van Zyl |
|
|
Turn the Tide… In Mei 2002 |
|
|
Verbeel
jou wat kan gebeur as 1 000 000 gelowiges op 1 000 plekke en in 10
verskillende lande God vra om hulle en Afrika te seën! Dink aan die lewensverandering wat drie deurbraak-seminare met dr Bruce Wilkinson teweeg kan bring. Dit is Turn the Tide – ‘n gesamentlike aksie van WorldTeach, Judea Harvest en NUPSA – ‘n geleentheid gebore uit ‘n visie om herlewing op ons subkontinent; ‘n visie om die gety van sonde en wanhoop om te keer. Jy word hiermee uitgenooi om deel te word van Turn the Tide deur die seminare van 1 - 5 Mei 2002 by die Dome te Northgate by te woon. Turn the Tide is waarskynlik die enkele geleentheid met die grootste bywoning, feesviering en uitdaging in die geskiedenis van die kerk in Suidelike Afrika. Wat ‘n wonderlike stuwing van geestelike herlewing! Die drie hoofseminare is The Prayer of Jabez (1 Mei); The Vision of the Leader (2 & 3 Mei) en A Biblical Portrait of Marriage (4 Mei). Kom ook na die opleiding, banket, tienerkonsert en NUPSA-gebedsopleiding. Kom pleit saam met ons en God dat Turn the Tide ‘n geseënde deurbraak vir Afrika sal wees en dat God as die koning van alle tye en kulture gedien mag word. Gedink dit is ‘n groot geleentheid? Dit is maar ‘n aanloop tot Operation Sunrise in Julie/Augustus waarin 50 miljoen mense in 50 stede in Afrika in 50 dae met die evangelie van Jesus Christus deurdrenk moet word. Kontak Dirk Lourens as jy deel wil word en wees van hierdie grootse veldtog! Tel 082 421 3216 of 613-5713 n/u. |
|
|
|
GEMEENTE
VAN CHRISTUS
- Ds. Christie van Zyl |
|
Reeds
so vroeg soos in 1757 het C F Gellert die lied Hou Christus self sy
Kerk in Stand geskryf en ons sing dit vandag nog op die melodie van
Martin Luther. Dis ook in die nuwe Liedboek opgeneem as Lied 477. - Ds. Christie van Zyl |
|
|
‘n Geseënde Sondagskooljaar |
|
|
Wat ‘n wonderlike voorreg om ons kinders te sien grootword! Met bonsende harte en baie trots was dit lekker om die afsluitingskonsert van die Sondagskool by te woon. En die verwondering – is dit werklik ons kinders wat met 'n skrale vier ure se oefening al hierdie dinge kon regkry? En René en haar helpers – hoe het hulle dit reggekry? En dan in stilte weet ‘n mens, dit is nie ons nie, maar dit is die Here, want mense kan nie sulke dinge in sulke kort tydjies doen nie. So is Townsview se Sondagskool ook. Dit is die Here s’n. Hy voorsien die kategete. Hy dra elke kind in sy hande. Daar is nie probleme nie. Hy gebruik een uur per week om ons kinders vir sy Koninkryk voor te berei. Net ‘n uurtjie wat eendag gaan uitloop in ‘n ewigheidsbelegging. Dit was ‘n mooi jaar – ‘n geseënde jaar – die Here se jaar. Ons is trots op Townsview se ouers wat hulself so gewillig gee om deur die Here gebruik te word in die lewens van hulle kinders. Boeke is getrou betaal, kollekte is getrou saamgebring, kinders is op- en afgelaai. "Baie dankie" is al wat die Sondagskoolpersoneel en Kerkraad kan sê. Maar ons weet ook dat die Here hierdie bereidwilligheid sal seën. Die mooiste voorbeeld van die bereidwilligheid was waarskynlik die afsluiting. Weereens is die gemeente gevra om geskenkies vir Huis Bouwer te gee en om verversings te verskaf. En weereens is daar in oorvloed gegee. Soveel dat ons vir Huis Bouwer heelwat verversings kon saamstuur sodat ook hulle Kersgety aangenaam mag wees. En Townsview wat sy liefde so pragtig bewys: bereidwillige hande om geskenkies toe te draai, hulp by die tafels, konsertklere wat verniet geleen is, afrigting van kinders en natuurlik, gesiggies waaruit liefde straal vir elkander, maar ook vir die Here. Ons nederige gebed is dat 2002 ook so sal wees. Dat die Here weereens die leisels styf in sy hande sal hou. Hierdie jaar skop dan ook af met Kategese-opleiding op 27 Januarie te Kemptonpark. Die boeke vir die jaar is reeds bestel. Vir die vierde agtereenvolgende jaar sal ons nie nodig hê om Sondagskoolgelde te verhoog nie danksy geleenthede wat die Here vir ons geskep het. In die vooruitsig vir 2002 is ‘n spesiale muntlegging sodat die kinders ook hulle bydrae vir die liefdesdiens van die gemeente kan lewer. Maar die grootste wat ons graag oor wil droom en bid is dat die Here Townsview se bereidwilligheid sal raaksien en sal gebruik om ons kinders sierade in sy koninkryk te maak. Dit is tog maar eintlik al waaroor dit gaan. - Albert de Beer n
lekker kuier daarna… |
Ons Sondagskool kinders in aksie tydens die afsluiting
|
| Bybelskoolprogram
2002
Kursus 1 Naam:
Ons stap deur die Pentateug/Walk Thru the Pentateuch. Dit
is geen wonder dat so baie Christene die Pentateug soos die pes vermy nie.
Veral as jy daaraan dink hoe die eerste 5 boeke van die OT deurspek is van
verhale oor God se oordeel en wraak. Vergeet ook nie die verwarrende
rituele, antieke gebruike en misterieuse gebeure nie... Kursus 2 Naam:
Die Gebed van Jabez/The Prayer of Jabez. Is jy gereed om die oorvloedige seën van die Here te beleef? Dr Bruce breek 1 Kronieke 4:10 oop sodat ons na die voorbeeld van Jabez die merkwaardige krag van gebed kan leer ken en hoe dit God se guns, krag en beskerming vir ons ‘oopmaak’. Wanneer jy hierdie waarhede begin toepas, breek jy self deur na ‘n opwindende Christelike lewe soos wat God dit vir jou bedoel het. Kursus 3 Naam:
Die 7 Stappe van Geestelike Groei Deel / The 7 Stages of Spiritual Growth
Part . In hierdie revolusionêre nuwe kursus verduidelik dr Bruce Wilkinson die 7 stappe van die Christen se geestelike reis. Ontdek daarby dat die 7 stappe voorspelbaar en dieselfde vir alle Christene is. Die kursus help jou verstaan in watter stap jou geestelike lewe tans is en wat jy moet doen om na die volgende stap in jou verhouding met die Here te kan oorgaan! |
1
Korintiërs 13
Al
sal ek die tale van mense en van ingele praat, Uit: Innie Skylte Vannie Jirre: Griekwapsalms en ander gedigte deur Hans du Plessis |
|
Dankie, Bybelskool, Dankie
Die Bybelskool het goed afgeskop in 2001. Twee kursusse is aangebied: "Hoe om heilig te lewe in tye van versoeking" en "Hoe om die Woord te lééf". Die twee kursusse is deur meer as 75 verskillende lidmate bygewoon! Met die Bybelskool-afsluiting op 25 November is 52 sertifikate vir getroue bywoning uitgedeel. Tydens die erediens het ds Dirk die tweede kursus afgesluit met ‘n boodskap uit 2 Tim 3 en het hy drie eenvoudige stappe gegee oor hoe Christene weer in die gewoonte kan kom om persoonlike Bybelstudie te doen. Ds. Dirk Lourens
|
Finansiële Inligting Dit is weereens met groot dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader dat ons kan rapporteer dat dit relatief goed gaan met ons gemeente se finansies. Gemeentes in ons Ring, sowel as in die hele Suid-Afrika, sukkel deesdae met geweldige finansiële druk. Die Dankoffers tot aan die einde van Desember is ongeveer R26,000.00 kort van die begroting. Dit wek ‘n bietjie kommer en ons wil ‘n beroep op alle lidmate doen om asseblief gereeld u dankoffers te gee. Die aftrekorderstelsel is ook beskikbaar en ons moedig u aan om daarvan gebruik te maak. Tans is ons besig met die opknapping van die kerkgebou. Die finansiering hiervan word uit ons belegging gedoen. (Die belegging kom van die verkoop van een pastorie ‘n aantal jare gelede.) Die aankoop van die projektor wat tydens eredienste gebruik word, is gedoen uit donasies uit die gemeente. Ons is baie dankbaar daarvoor. Aan die einde van Desember was ons kasboeksaldo ongeveer R2,000.00 beter as wat begroot is. Aan al ons lidmate wat so getrou bydra - al is dit hoe gering - ons hartlike dank. Diegene wat van tyd tot tyd agterweë bly, wil ons versoek om u bydraes gereeld te doen uit dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader. - Finansiële Kommissie
|
|
Eerbied Bewys aan "Oumense" ……. Lev. 19:32 Die
senior lidmate weet al: die jaarlikse afsluitingsfunksie wat vir hulle
aangebied word, is ‘n geleentheid wat hulle nie moet misloop nie. Daar
besef hulle opnuut dat hulle lidmate van ‘n gemeente is waar ouderdom as
‘n sierlike kroon beskou word; waar eerbied bewys word aan "oumense". - Jan Pretorius Seniors in ‘n gesellige luim
Nikkie Serffontein en haar groepie
|
|
ONS KINDERS Die koerante en nuus is oorvol van gruwelnuus oor onregte wat teenoor kinders gepleeg word en ons doodgewone mense is so geskok daardeur dat dit ons soms sonder woorde laat. Dit is verskriklik en ‘n mens sidder om net daaraan te dink, maar hoe sorg ons vir ons kosbare kinders? U sal nou vir my sê dat u kind net die beste van alles kry en ek glo dit. U het u kind baie lief, u is ‘n goeie ouer en sal nooit u kosbare kind afskeep nie. Wat "goeie ouers" soms vergeet, is dat my kind nie net uit sy pragtige liggaampie bestaan nie, maar ook ‘n siel het. Jesus soek na elke lammertjie wat afgedwaal het, maar wat maak ons met hulle? So dikwels op ‘n Sondagoggend, net voor die kerk uitkom, sien jy hierdie pragtige kinders, mooi aangetrek en goed versorg. Pappa of Mamma laai hulle af vir Sondagskool en hulle wag buite op die trappies vir die kerk om uit te kom. As ‘n mens hulle soms so kyk, veral die outjies vir wie dit elke Sondag se patroon is, dan wonder ‘n mens: sou die ouers besef hoe graag ons Hemelse Vader ook hierdie skapies in sy Huis as deel van die gemeente wil hê. Is ons kinders dalk op geestelike gebied "verlore skapies" as gevolg van ons versuim? GEBED: Vader, help ons om nooit een van u kleintjies te laat struikel deur ons voorbeeld van versuim nie. Laat ons kindertjies tog nie geestelik afgeskeep wees nie! - Elsabe van Rensburg |
|
Die volgende uitgawe van Die Oproep verskyn D.V. in Mei 2002. Alle skriftelike bydraes moet asseblief voor 15 April 2002 ingehandig word. Skakel Kleinkie by 435-8274 of e-pos helpa@netactive.co.za in dié verband. |