|
|
| Gemeenteblad van die NG Gemeente Townsview - Augustus 2000 |
|
|
|
Jannie Pelser loof die Here Met sy kenmerkende TV-voorkoms het die bekende ds.
Jannie Pelser op 28 Mei ‘n lofprysingsdiens in ons kerk gelei: die hare
‘n vrye lengte; die baadjie ‘n nommer of wat groter as nommer pas. Was
dit miskien om daardeur te sê: Ek kom nederig na julle soos my Meester
Jesus Christus? |
|
|
|
|
|
|
|
|
Sendingwerk is ook u werk Die Sending- en evangelisasiekommissie van ons gemeente is goed op dreef en is ook aan die uitbrei. Ongelukkig het twee van die sleutelfigure, ds. en mev. Minnaar, ons verlaat omdat hulle na Potchefstroom verhuis het. Daarmee het ons ‘n belangrike skakel met die kerk in Mosambiek verloor. Ons bid egter vir hulle die Here se seën toe in hul nuwe omgewing en is saam met hulle bly dat hulle nou naby hul kinders kan woon.
|
|
|
|
Sendingakker in Rusland vrugbare grond "As ‘n Rus die Here Jesus vind, verander sy
lewe radikaal. Sy lewe word Christus. Hulle is honger vir die evangelie".
Dit was die woorde van mnr. Johnny Bell toe hy ‘n groepie
belangstellendes in die Oratorium toegespreek het. |
|
|
|
|
|
![]() |
|
|
![]() |
|
|
![]() |
|
|
![]() |
|
Die boeke is verkrygbaar by Lux Verbi of ander goeie boekwinkels. |
![]() |
|
|
|
|
Dopelinge Die volgende kleingoed is sedert ons vorige uitgawe in die gemeente gedoop:
Baie geluk.
|
![]() |
|
|
|
|
Mylpale vir drie seniors
Huweliksbevestiging
Faan en Esthea Conradie is op 15 April deur dr. Christo van Rensburg in die huwelik bevestig. Esthea is die dogter van dr. en mev. Carl van Jaarsveld van Glenvista. Esthea is in Townsview gedoop en het hier belydenis van geloof afgelê. Die egpaar woon tans in Weltevredenpark. |
Nuwe lidmate Denise du Plooy en Colett Hofstede het op 21 Junie belydenis van geloof afgelê en lidmate van ons gemeente geword. Hulle word gelukgewens met die groot stap en as lidmate verwelkom. Nuwe intrekkers Hartlik welkom aan die volgende nuwe lidmate wat in ons gemeente ingetrek het:
|
|
In memoriam Sedert ons vorige uitgawe is mev. Stinie Pentz van Bergstraat 27 oorlede. Innige meegevoel word betuig met al haar familie en vriende.
|
|
|
Proe-oggend
By die tweede proe-oggend wat deur die susters gereël is, is hierdie groepie in gesellige luim aangetref: Aletta Buys, Santie Smit en Elsabé, Alretha en Marien Buys Die paadjie van u dankoffers U het dankofferkoevertjies van u kerkraadslid
ontvang met u wyknommer en lidmaatnommer daarop. U het die koevertjie
met u dankoffer daarin by die kerk in die bussie of kollektebord
geplaas. Wat gebeur nou verder? Onstellende syfers In Die Kerkbode van 16 Junie 2000 lees ons dat
die 21 000 NG lidmate in die Ring van Pretoria in 1982 nou gekrimp het
tot minder as 4 000 in 2000. Waar daar 20 jaar gelede nog ongeveer 30
leraars in die Ring van Pretoria was, is daar nou ses leraars. Bekende
gemeentename het verdwyn. Dié Ring beslaan die meer sentrale deel van
Pretoria. |
|
![]() |
Vergewe my -
asseblief - Dr Christo van Rensburg |
| Om te
erken dat jy skuldig is en ‘n fout begaan het, is seker een van die
moeilikste dinge om te doen. Om verskoning te vra, is seker nog
moeiliker. Daarom krop ons maar ons skuldgevoelens op of probeer dit
ignoreer of ontken. Die gevolg is dat jy nie net jou gesondheid
benadeel nie, maar jouself in ‘n toestand van sielsongelukkigheid
dompel. Hier het ons te doen met die vraagstuk van vergifnis! Dit gaan hier oor skuld – sondeskuld – belydenis – vergifnis! Ons weet almal wat skuld, sondeskuld is. Daardie sielelas of sielsvertwyfeling wat jy met jou saamdra omdat jy, óf nie jou sonde bely het nie, óf omdat jy nie wil aanvaar of glo dat God jou sondes vergewe het nie. Skuld werk destruktief! Dit het verlammende krag! Die ding wat toegesmeer word, laat jou in die nag wakker word. Dit vorm alles vrugbare grond vir die angs om oor te neem. Skuldgevoelens kamp jou af en vereensaam jou bestaan. Dis geen wonder dat Dawid in Psalm 32:3 kan bely: Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer – my krag het opgedroog soos water in somerhitte. Maar dan gaan Dawid voort in vers 5: Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: "Voor die Here bely ek my opstandigheid;" en U het my skuld vergewe. Om oor jou skuld te praat, bring verligting. Om met God daaroor te praat, bring ruimte om te lewe. Want as jy voor God kom staan het met jou lewensverhaal, dan het jy die ruimte van God se liefde binnegegaan. Daarom dan ook die uitnodiging van die Here Jesus self in Matteus 11:28: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en ek sal julle rus gee." En die woorde van 1 Johannes 1:9: "Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid." As ons ons sondes bely – dan moet ons sekerlik weet wat belydenis is!
Maar dit kan jy met sekerheid weet, as jy voor
God kom staan het met jou berouvolle siel in jou hande, dan het jy die
ruimte van God se liefde binnegegaan. En binne die ruimte van sy
liefde, kan jy uitpraat en alles binne in jou blootlê. Hier is ‘n
plek waar niemand hom sal verlustig in rou sere nie. Jy kan die
verbande en pleisters maar afhaal – want in die liefde is daar
genesing. Voor God kan jy maar uitpraat! Hy weet al lankal daarvan en
sal daarom nie geskok wees om dit te hoor of daaroor gaan skinder nie.
En as jy dit uitgesê het, sal die vergifnis jou lewe verander, want
dit is wat God in sy Woord belowe:
Die wonder van vergifnis is om ‘n nuwe
begin te maak. Vergifnis neem nie altyd die pyn weg nie! Dit
ontken nie dat daar wonde is nie. Vergifnis weier net om in die pad
van ‘n nuwe begin te staan. Daarom is vergifnis Jesaja 1:18: |
|
|
Kinders gebruik eerste keer Nagmaal 21 Mei was ‘n geskiedkundige dag in ons gemeente
toe kinders vir die eerste keer tot die Nagmaal toegelaat is. Jona die instrument in God se hande Tydens die Pinksterreeks vanaf 5 tot 8 Junie is
die geskiedenis van Jona en Nineve deur ons leraars in oënskou geneem. |
|
Toer deur Israel ‘n belewenis
Toerlede met die klaagmuur
agter.
|
Joey en Isobel by argeologiese uitgrawings op die berg Masada
Ds. Christie en René dobber op die Dooie See |
| Ons was ‘n
opgewonde groepie wat Saterdag 6 Mei op die Johannesburg
Internasionale Lughawe bymekaargekom het vir ons pelgrimstog na
Israel. Wat ‘n vooruitsig – ons gaan sien waar Jesus gebly en
gelewe het! Ons het in Istanbul, Turkye op ‘n aansluitvlug na Tel Aviv vertrek en ons toer het begin. Met ‘n luukse toerbus is ons vervoer na al die plekke waarvan ons in die Bybel lees: Sesarea, die tuisdorp van Pontius Pilatus, die Berg Karmel en Nasaret. In Nasaret besoek ons die Kerk van Aankondiging, Maria se put en Josef se grot. Die Kerk van Aankondiging is gebou oor die huis waar Maria gewoon het toe die Engel Gabriel die geboorte van Jesus aangekondig het. Ons het per boot oor die See van Galilea gevaar na die Kerk van Saligsprekinge waar die Bergpredikasie gelewer is. Dit was ‘n wonderlike ondervinding om daar te staan waar Jesus die brood en vis vermeerder het en om die klip te sien waar Hy self vis gebraai het. Ons was by die Jordaanrivier, by Megiddo se bouvalle en die watertonnel. Vandaar na Jerigo en Masada waar ons per kabelspoor na die kruin gegaan het om die bouvalle van die paleis van Herodus te sien. By die Dooie See (die laagste plek op aarde) het ‘n paar van ons in die water gedryf. Dit word gesê dat die stede Sodom en Gomorra aan die suidpunt van die Dooie See gelê het. Langs die pad sien ons die woestyn aan die een kant, groen olyfbome, kibboetse en mense op kamele. In Jerusalem is ons deur die Ou Stad. By die Olyfberg het ons in die tuin van Getsemane vir ‘n rukkie stil geraak. Die Tuingraf was ‘n ondervinding wat ons nooit sal vergeet nie. Op die rots was geskryf – Hy is nie hier nie, Hy het opgestaan. Nagmaal is daar aan ons bedien deur ds. Christie. Die Olfyberg lê regoor die geblokkeerde Goue Poort waardeur die koms van die Messias voorspel is. Vir hierdie rede het baie Jode die Olyfberg gekies as begraafplaas, sodat hulle, wanneer die Messias kom, van die eerstes sal wees om Hom te volg. Ons is te voet deur die Via Dolorosa (die Lydensweg). Die Via Dolorosa is die pad wat Jesus moes loop om gekruisig te word. Hierdie plaveisel is tans van die min dinge in Jerusalem wat feitlik ongeskonde gevind is. Dit lê omtrent 2 meter onder die huidige straatvlak onder die vloer van ‘n klooster. Ons was by die Klaagmuur, allerheiligste plek vir die Jode, wat vol stukkies papier en briefies was en waar baie Jode en ander mense gestaan en bid het. Ons het die Kerk van Opstanding besoek, en ook die Dome of the Rock, naas Mekka die heiligste plek vir die Moslems. Daarna is ons na Yad Vashem waar ‘n gedenkmuseum opgerig is ter nagedagtenis aan die 6 miljoen Jode wat tydens die Tweede Wêreldoorlog vermoor is. In Bethlehem het ons die Kerk van die Skaapwagters besoek. Dit is waar die Engel die blye boodskap van Jesus se geboorte bekend gemaak het. Israel was ‘n wonderlike geesverrykende ondervinding. Ons het baie geleer en ons was bevoorreg om hierdie toer saam met ds. Christie en René te kon doen. Ons is terug na Istanbul waar ons op ‘n toer deur die stad geneem is en die Choraklooster, die Blou Moskee, die Hippodrome, St. Sophia-museum en die Paleis van die Ottomansultans, Topkapi besoek het. Istanbul is geleë aan beide kante van die Bosphorus, die een helfte in Asië en die ander helfte in Europa. ‘n Lekker bootvaart op die Bosphorus (Poort van die Swartsee) is geniet en toe die besoek aan die Onderdakbasaar met sy meer as 4 000 winkels. Ons het ‘n vrolike en heerlike aandete geëet in ‘n tradisionele Turkse restaurant en helaas, moes toe lughawe toe vir ons vlug terug huis toe. Dit was ‘n onvergeetlike verrykende 7 dae wat ons altyd sal bybly en sal laat terugverlang na die wêreld van die Bybel. - Alta Jacobs |
|
Townsview voog van Huis Bouwer
Jeannette, oom Larry, Louise
Myburgh (huismoeder), Met ‘n kombi het oom Larry en tant Jeanette
Viljoen en Nannie en Annatjie Beyers op 21 Junie na Huis Bouwer vertrek
om goedere weg te bring. Ons boekwinkel gevestig
V.l.n.r.: René van Zyl, Chrisna de Ru, Magda le Roux, Miems de Wet en Alta Nolan As u nog nie die Oratorium besoek het nie, ken u
nog net ‘n gedeelte van ons kerkgebou. Stap gerus af, gaan by die
onderste deur in en ontdek die kompleks vertrekke daar. Maak gerus ‘n draai! Christen en die snelheidsgrens Betaam dit ‘n Christen om die snelheidsgrens te
oorskry? Romeine 13 en Titus 3 sê tog dat mense hulle aan die owerheid
en gesag moet onderwerp. |
| Die
volgende uitgawe van Die Oproep verskyn DV begin November. Lewer u
bydraes asseblief nie later nie as 15 Oktober aan Jan Pretorius, tel.
682-1609.
|