Die gemeente Townsview het in 1953 van die gemeente Klipriviersberg afgestig met Ds Swanepoel as die eerste predikant. Kerk is in 'n ou saaltjie in Veronastraat gebou - wat vandag nog bestaan. In 1969 is daar begin aan die Kerkgebou in Hexrivierstraat - en is die kerk in Oktober 1969 ingewy deur Ds H van Wyk. In die jaar 2003 sal die gemeente 50 jaar oud wees. 

Die kerkgebou is duidelik sigbaar vanaf die N12 hoofweg, tussen die Comaro St. en Klipriviersweg op en afritte bo op een van die hoogste punte in Oakdene.



Maak gerus 'n draai by die volgende Sondag diens as u 'n behoefte het om ons kerk te besoek.




 Hoofblad