NEDERDUITSE GEREFORMEERDE
KERK
Townsview
KLEINGROEPBYEENKOMS

18 April 2010  

 

Onthou asseblief ...

Onthou asseblief dat ons belangrikste fokus by ’n kleingroepbyeenkoms koinonia is. 

Ons gesels ook oor die “applikasie” van wat ons die afgelope tyd (veral vandag) in die erediens gehoor het.

Gesels asseblief na aanleiding van die volgende riglyn:

·        Hoe gaan dit?  Wat het in elkeen se lewe gebeur sedert ons mekaar laas gesien het?  Deel mekaar se lief en leed.  Onthou dat dit hier daaroor gaan dat ons by elkeen stilstaan en hoor hoe dit gaan.  Dit is nie ’n kla-sessie oor Julius Male(ne)ma en ander wat ons maagpyn en ander pyne gee nie, maar oor hoe dit en elkeen van ons persoonlik se lewe gaan.

·        Lees Markus 3:16-17, Johannes 13:21-26, Handelinge 4:13 & Efesiërs 1:18-21. 

·        Wat sien ons van God in hierdie Skrifgedeeltes?  Hoe is God?  Wat doen Hy?  Wat doen God nie?  Wat kan ons van Hom verwag? 

·        Hoe het die mense (veral Johannes) waarvan ons hier lees gereageer op wat Jesus gedoen het?

·        Hoe gaan ons prakties uitvoering gee aan dit wat ons in die Bybel gelees het?  Hoe gaan jy dinge in die vervolg anders doen? 

·        Hoe kan ons mekaar help om gehoorsaam te wees sodat die opstandingskrag van Jesus in ons lewens meer sigbaar sal wees?

·        Bid vir mekaar soos julle daarmee gemaklik is.

 

 

Ons volgende byeenkoms is op 9 Mei.  Dit is by

............................................................. se huis.  Hul telefoonnommer is .................................... en ons sien mekaar om ..................