NEDERDUITSE GEREFORMEERDE
KERK
Townsview
KLEINGROEPBYEENKOMS
14
Maart 2010
Onthou
asseblief ...
Onthou
asseblief dat ons belangrikste fokus by ’n kleingroepbyeenkoms koinonia
is.
Ons
gesels ook oor die “applikasie” van wat ons die afgelope tyd (veral
vandag) in die erediens gehoor het.
Gesels
asseblief na aanleiding van die volgende riglyn:
·
Hoe gaan dit? Wat het in
elkeen se lewe gebeur sedert ons mekaar laas gesien het? Deel mekaar se lief en leed.
Indien dit sou gebeur dat daar so ’n groot gebeurtenis was in een lid
se lewe dat ons die hele tyd daaroor gesels, is dit ook reg so en is ons
byeenkoms geslaagd.
·
Lees Markus 14:26-31; 66-72. [Dit
is goed om uit ’n ander vertaling te lees as wat ons ken.
Gebruik so 3 verskillende vertalings waaronder die “Ou Vertaling”,
’n Engelse vertaling en dalk die “Nuwe Lewende Vertaling”.
Daar is ook nog ander nuttige vertalings soos “Die Boodskap” en
“The Message”.]
·
Wat sien ons van God in hierdie Skrifgedeelte? Hoe
is God? Wat doen Hy?
Wat doen God nie? Wat kan
ons van Hom verwag?
·
Hoe het die mense (veral Petrus) waarvan ons hier lees gereageer op die
Here?
·
Hoe gaan ons prakties uitvoering gee aan dit wat ons in die Bybel gelees
het? In watter opsigte is dit nodig
dat ons ons optrede of gedrag verander?
·
Hoe gaan ons mekaar help om uitvoering te gee aan die aanspraak wat die
Here op ons lewens maak?
·
Bid vir mekaar soos julle daarmee gemaklik is.
Onthou
asseblief die Paasherinnering op 21 Maart om 18:30.
Dit beloof om iets besonders te wees.
Ons
volgende byeenkoms is op 18 April. Dit
is by
.............................................................
se huis. Hul telefoonnommer is
.................................... en ons sien mekaar om ..................