NEDERDUITSE GEREFORMEERDE

KERK

TOWNSVIEW

Kleingroepbyeenkoms

6 Junie 2010

Gesels asseblief oor die volgende:

Hoe gaan dit?  Wat het in elkeen se lewe gebeur sedert ons mekaar laas gesien het?  Deel mekaar se lief en leed.

In die erediens het ons gesels oor die ewige lewe en weergeboorte.  Wat het julle opgeval?

Lees Joh. 3:1-16.  Julle kan dit weereens uit ’n ander vertaling ook lees. 

Wat sien ons van God in hierdie Skrifgedeelte?  Hoe is God?  Wat doen Hy?  Wat doen God nie?  Wat

    kan ons van Hom verwag? 

Nikodemus was ’n fariseër.  Fariseërs het geglo hul “saak” met die Here is reg, want hulle was baie

    gesteld daarop om nougeset te lewe volgens die voorskrifte van die wet.  Jesus “slaan sy voete onder hom uit” met wat Hy sê.  Waarop kom – wat Jesus vir hom sê – prakties neer?

Het ons die ewige lewe omdat ons glo in God of het ons die ewige lewe omdat God dit vir ons gee omdat Hy die wêreld (en dus vir ons ook) so liefhet?

Vandag is ook Biddag vir Ekologie.  Joh. 3:16 sê dat God die wêreld (kosmos in Grieks) liefhet ...  Hoe sal ons hierdie liefde van God vir die kosmos sigbaar maak?  Wat sal ons prakties doen?

Bid vir mekaar soos julle daarmee gemaklik is.

Ons volgende byeenkoms is op 8 Augustus.  Dit is by ............................................................. se huis.  Hul telefoonnommer is .................................... en ons sien mekaar om ..................