|
|
|
NG
Gemeente Townsview |
|
|
|
As
daar nou een eienskap van God is wat 'n mens nie kan
miskyk nie, is dit die feit dat Hy verskriklik geduldig is
met mense. Ons
lees dit baie duidelik in die Ou Testament raak : Adam
en Eva
doen sonde, maar die Here gee hulle nog 'n kans. Noag
weet dat hy tot eer van God moet leef, maar wanneer die mense van sy tyd
ongehoorsaam en goddeloos word, straf God hulle. Nogtans gee Hy die aarde
met alles daarop nog 'n kans. Aan
Abraham en sy nageslag wat derduisende mense beloop, beloof die
Here liefde en trou. En
wanneer die Israeliete in die versengende hitte van die woestyn vir
Moses dit moeilik maak, laat God water uit 'n rots stroom en uiteindelik
laat Hy hulle die beloofde land binne trek. Telkens
wanneer bogenoemde en soortgelyke dinge gebeur, praat die Here ook met die
mense. Hy gebruik besondere persone wat Hyself daarvoor aangestel het.
Maak nie saak wat die betrokke omstandighede is waarbinne dinge gebeur nie,
elke keer betoon die Here Hom as getrou en betroubaar en elke keer kom Hy
tot die redding van die mense. Ons
kom baie duidelik onder die indruk dat die Here keer op keer min of meer
dieselfde pad met die mense van die aarde loop. Wanneer daar iets skeef
loop, maak Hy dit reg en agterna gaan Hy met die mense 'n ooreenkoms
aan. Inderwaarheid
is dit dieselfde ooreenkoms wat telkens opnuut herhaal word. Hierdie
unieke ooreenkoms noem ons in kerktaal die Verbond. Opvallend
is die feit dat die inisiatief vir die verbond van God uitgaan.
Maar die ander party, naamlik die mens se aandeel is netso
belangrik. 'n Ooreenkoms kan slegs tussen twee of meer partye aangegaan
word en met almal se instemming. So werk dit ook met die verbond van God. God
het natuurlik nie nodig om met ons ooreenkomste aan te gaan nie. Tog doen
Hy dit. Hy doen dit omdat Hy 'n God van genade en barmhartigheid is en
mense liefhet en omdat Hy ons graag wil help en bystaan. Hy
wil nie hê dat een van ons verlore gaan nie ....
Tereg
mag ons vra : Met wie gaan God dan die verbond aan ? Is
alle mense daarby ingesluit en gebeur dit dan sommer net met hulle ? Eintlik
het ons hier met 'n groot misterie te doen. Want die Bybel leer ons dat
God mense uitverkies. Die uitverkiesing veronderstel egter nie dat
God op lukrake manier sommer maar net sy vinger op diegene lê aan wie Hy
genade wil betoon nie. Nee, God openbaar Homself deur sy Woord en
Gees en mense reageer positief daarop. Dan kan ons eers sê hulle is
uitverkies. Om deel van die godsvolk te wees, beteken dus dat jy jou deel
van die ooreenkoms oftewel die verbond sal nakom. Maar
wat beteken die verbond aan God se kinders ? Wat hou dit vir
jou in ?
JESUS
CHRISTUS
is dus die groot Waarborg
waardeur die Here ons van sy liefde en reddingswerk verseker. Hy is
die Weg waarlangs die verbond waar word en gesalte kry in 'n mens se lewe. Om
ons diep onder die indruk van die verbond te bring en dit ook op 'n
tasbare en praktiese manier te bevestig, het die Here aan die mense in die
tyd van die Ou Testament 'n verbondsteken gegee, naamlik die besnydenis.
Dit moes hulle heeltyd herinner aan die waarheid en egtheid van dié
besondere ooreenkoms. Ons noem dit 'n teken
en seël. Met
die koms en werk van Jesus is die verbond vernuwe.
Hy het die Persoon geword in wie die verbond nuwe betekenis
gekry het omdat Jesus met sy liggaam en bloed vir ons sondes betaal het.
Soos wat water ons was van vuilheid, was sy bloed ons was van sondeskuld.
Daarom is die doop die nuwe teken van God se liefde en trou aan sy kinders.
Dit is dus ook vir die kinders van gelowige ouers beskore. Nogtans
moet elke persoon sy aandeel van die verbond nakom deur positief met sy
woord en daad daarop te reageer. Om
deur die Here raakgesien te word en deur Hom 'n aandeel aan die ooreenkoms
tussen God en mens (die verbond) te kry, is 'n besondere voorreg. Dit
bring jou werklik by God uit en bevestig die lewende verhouding waarin jy
met Hom staan. Die
verbond plaas egter ook 'n verantwoordelikheid op ons om die Here
lief te hê soos wat Hy ons het. Daaraan kan ons slegs uitvoering gee deur
die regte gesindheid en 'n lewe van gehoorsaamheid en diens aan Hom, want
Hy is ons God, die Verbondsgod. "Hiervan
is ek oortuig : Rom
8:38,39 Ds
Christie van Zyl |
|
|