|
Nuwe
Intrekkers
Hartlik Goeie môre in die erediens in Townsview gemeente!
Ons ontmoet besoekers en nuwe intrekkers graag persoonlik na afloop van die erediens in die moederskamer waar Elsie Zinsser (skriba) u besonderhede sal afneem. U kan haar ook bel of e-pos, indien u so verkies (besonderhede agterop).
Lidmate, laat weet asb. vir Elsie indien u persoonlike en/of kontak-besonderhede verander.
Huis Uys/Huis Bouwer
U gereelde bydraes word baie opreg waardeer! Hierdie week benodig ons asseblief weer skottelgoedseep, Handy Andy, waspoeier, skeermesse, toiletseep, tandepasta en -vlos, sjampoe en opknapper, haar ‘relaxers’, en aanrol-deodorant (nie spuitkanne).
Ons benodig asb. nog 14 x 200g blokke sjokolade en 13 x koeverte met R 150,00 in elkeen vir ‘n Winterkersfees aan Huis Uys. Plaas asb. in die spesiale houer op die tafel in die voorportaal voor 5
Junie.
Verjaardae
Hartlik geluk aan lidmate wat vandag en gedurende hierdie week verjaar! Die Heer se rykste seën word u almal toegebid.
:) Carami vd Merwe 29/05
:) Nico Stickling 30/05
:) Ruan Louw 31/05
:) Ronnie Mulder 31/05
:) Heidi Potgieter 31/05
:) Schalk Barkhuysen 1/6
Huweliksherdenking
Wil u graag 'n SMS boodskap met u huweliksherdenking ontvang? Skryf u naam, huweliksdatum en
selfoon-nommer in die lys op die kennisgewingbord in die ingangs-portaal of stuur bloot die spesiale dag en maand aan Elsie!
Kosmandjie
Baie dankie aan almal wat sakke en lysies geneem het!
Die waarde van die kruideniersware is nagenoeg R 250,00. As die bedrag te groot vir jou “sak” is, deel met iemand om die helfte, dan is elkeen se bydrae net R 125,00. As jy die inhoud oor twee maande wil aankoop, is dit ook goed. Bring die vol sakke dan volgende maand kerk toe.
Aksiespanne en kommissies - 10 Mei
Gemeentelike Aksiespanne en kommissies ontmoet weer op Dinsdag, 10 Mei om 19:00 in die kerksaal. Uitreik vergader Donderdagaand soos
gereël.
Stillekrag
- 11 Mei met Kevin Leo!
Onthou die vergadering van 18 Mei het vervroeg na Woensdag, 11 Mei om 10:00. Dit is Stillekrag se 32ste bestaansjaar en die geleentheid word gevier met 'n optrede deur die bekende sanger, Kevin Leo. Dit beloof om 'n baie besondere geleentheid te wees. Alle senior lidmate is welkom en toegang is gratis. CD?s van Kevin sal ook te koop aangebied word.
Yoti in Frances Vorwerg Skoolsaal
- 3 Junie
Op 3 Junie 2011 bied ons
'n genoeglike aand aan met Yoti, die Griekse boertjie, as gaskunstenaar. Dit vind plaas in saal van die Frances Vorwerg skool. Kostes beloop R80.00 p/p vir die vertoning. Kerrie en rys word ook te koop aangebied teen R25.00. Bel asseblief vir Lien Reyneke by 011-682 1030 vir meer inligting.
Sekuriteit by die kerk
'n Sekuriteitsmaatskappy is aangestel om ons en ons motors tydens alle kerklike byeenkomste op te pas. Parkeer asb. u motor op die afgemerkte parkeerarea en nie in die straat of op sypaadjies nie. Daar is 'n bussie op die tafel in die ingangsportaal indien u ekstra wil bydrae
hiervoor.
Stillekrag sˆ baie
dankie!
Charles Kingsley (1819-1975) het
gesê: "Maak vir jouself 'n reël en vra God om jou te help om daarby te hou: Moet, indien moontlik, nie snags gaan slaap tensy jy vir jouself kan
sê: Vandag het ek ten minste een mens se lewe 'n bietjie makliker gemaak, iemand se swaarkry bietjie draagliker, of iemand se hart 'n bietjie ligter..vandag kon iemand dalk iewers iets van Christus in my
sien".
Lidmate van Townsview het hieraan gestalte gegee! Ons het Vrydag 9 kindertruie, 33 serpe, 5 pare kinderhandskoene, 81 mussies, en 21 pare bedsokkies aan die Sinodale Kommissie vir Barmhartigheid oorhandig vir verspreiding aan kinders in nood. Baie dankie aan elkeen (ook diegene wat nie gereeld by Stillekrag inskakel nie) wat so spontaan en met soveel entoesiasme aan die projek deelgeneem het! Julle is welkom om aan te hou brei aan sagte speelgoed wat gaan aan kinders
(kankerpasiënte) in Rensburg Hospitaal in Heidelberg en aan mense in versorgingsoorde wat aan Alzheimersiekte ly.
Voorbidding en danksegging
Ons vra u voorbidding vir die volgende mense en sake:
* Tannie Maggie Bonthuys het klierkanker en verswak steeds.
* Oom John Williamson is baie siek. Sterkte aan tannie May.
* Tannie Alida Steyn herstel goed na haar heupvervangingsoperasie.
* Ons dink steeds aan Joey en Dries Potgieter wie hul seun, Dion, verpleeg nadat hy breinskade opgedoen het.
* Met Joey du Preez gaan dit baie beter al het sy af en toe nog pyn.
* Morn‚ Louw ontvang steeds behandeling vir kanker.
* Oom Billy Bleeker se broer, Ernst, is steeds baie ernstig siek.
* Ons lidmate wat probleme het of siektetoestande ervaar.
HOOFBLAD
|