BYBELLEES
17
- 22 Oktober 2009
Oorsig: Trek na Kanaän
DAG 1:
Lees Gen 45:1-8
Dink
na: Ek is jammer dat ons nou
van Josef afskeid moet neem. Ek
gaan na hom verlang. Wat ‘n mooi
storie is dit nie?! Hy het nou wel
sy broers ‘n bietjie laat sweet en bietjie met hul rondgespeel, maar dit was
darem nie naastenby so erg as wat hulle met hom gedoen het nie.
Op die ou end het hy hulle vergewe en – soos ons hom in Egipte leer ken
het – het hy die Here se hand daarin raakgesien dat hy vooruit na Egipte
gestuur is. Die Here kan mooi dinge
laat voortkom selfs uit die slegste dinge wat mense aan mekaar doen.
Gebed:
Hemelse Vader, ons sien nie die uiteinde van die pad wat U met ons loop nie.
Daarom baklei ons partykeer. Laat
ons elke geleentheid aangryp om van U te getuig en laat ons die pad loop waarop
U ons lei – selfs al gaan dit swaar – totdat ons uitkom by U bestemming vir
ons.
DAG
2: Lees
Ps 105:1-11
Dink na:
Die Here hou altyd sy woord. Hy kan
nie jok nie en Hy kan ‘n mens ook nie in die steek laat nie.
Hy bly altyd getrou. Daarom
kan ons Hom maar vertrou. Ons is
gedoop as teken dat Hy altyd getrou sal bly.
Gebed:
Almagtige God, Hemelse Vader, dankie dat U betroubaar is.
Dankie dat U ons nooit in die steek laat nie.
Daaroor juig ons.
DAG
3:
Lees Ps 105:12-15
Dink
na: Die Here beskerm ons ook.
Ons kan almal vertel van noue ontkomings en hoe die Here ons veilig
bewaar het. Dit is beter om mekaar
daaraan te herinner - dit gee ons moed – eerder as om te praat oor mense met
wie dit nie so goed gegaan het nie. Onthou,
ons verdien nie om een oomblik te lewe nie.
Ons lewe uit die Here se genade.
Gebed:
Hemelse Vader, vergewe ons dat ons so baie kla oor als wat verkeerd loop en dan
miskyk hoe goed U is. Ons is
dankbaar vir U genade: Wat ek is, is net genade; Wat ek het, is net geleen.
DAG
4: Lees Ps
105:16-25
Dink
na: Die Here kon Josef op
‘n baie meer aangename manier in Egipte besorg het, maar Hy werk nie met ons
of ons robotte is nie. Ons kap ook
nie sy hande af deur wat ons doen nie. Die
Here laat die bose en verkeerde ding wat Josef se broers aan hom gedoen het op
die ou end op iets goed uitloop.
Gebed:
Dankie Here, dat U uit die bose en verkeerde dinge wat ons soms doen iets mooi
en goed kan laat kom.
DAG 5:
Lees Ps 105:26-37
Dink
na: As ek die Here was, sou
ek die farao se magtige weermag geneutraliseer het en dan was als oor.
Maar Hy speel ‘n speletjie met die farao wat ook as ‘n god beskou
word. Hy stuur paddas en muggies -
klein diertjies wat die farao groot probleme veroorsaak - want Hy is die enigste
Here.
Gebed:
Hemelse Vader, dankie dat U toe vir die farao gewys het wie is God.
Dankie dat U ons God is en dat U ons elkeen op ons naam ken.
DAG
6:
Lees Ps 105:38-45
Dink na:
Kyk net hoe sorg die Here vir Sy kinders daar in die woestyn.
Vars water, vars vleis en vars brood elke dag afgelewer – in die
woestyn. As jy die kraan weer
oopdraai, sien dit as meer as net die Rand Waterraad wat voorsien.
Dis ook teken van die Here wat sorg, Hy gee water.
En die kos op die rakke by Spar en Checkers en Pick’nPay
is ook deel van
die Here wat voorsien.
Gebed:
Here, ons is al so gewoond aan alles om ons dat ons dit sommer as
vanselfsprekend aanvaar. Baie
dankie vir al die manier waarop U elke dag vir ons sorg en voorsien.