BYBELLEES
11 -16 Oktober 2009
Israel
na Egipte
DAG
1: Lees
Gen 41:14-16, 39-41
Dink
na: Josef was 'n uitmuntende
staatsman, politieke ekonoom, organiseerder en strateeg.
Hy is deur sy broers verpes en as 'n slaaf aan Ismaelitiese handelaars
verkoop.
Maar,
in Egipte gee Josef die eer aan die Here dat hy die drome kan uitlê.
Selfs die farao (wat self as ‘n god beskou is) is so beïndruk met
Josef se God dat hy Josef aanstel as tweede in bevel van die hele Egipte.
Josef het die hoogste sport in die Egiptiese samelewing bereik.
Gebed:.Here,
bewaar ons daarvan dat ons vaskyk in die slegte en verkeerde dinge wat met ons
gebeur dat ons nie geleenthede wat U ons gee raaksien nie.
DAG
2: Lees
Gen 42:1, 5-9
Dink
na: So kom Josef se broers toe
ook om in Egipte kos te koop by hul broer Josef – en hulle weet dit nie.
Dit lyk of Josef met hulle ‘n speletjie speel en hul wil terugkry vir
wat hulle aan hom gedoen het. Of
nie? Ons sal later sien.
Gebed:.Here
Jesus, dankie dat U ons nie terugkry vir wat ons verkeerd doen nie.
Dankie dat U vergewe.
DAG
3: Lees
Gen 43:1-9
Dink
na: Interessant hoe die broers vir Josef eerlik
geantwoord het oor hul pa en jongste boetie.
Dis dieselfde broers wat ‘n paar jaar gelede so kon lieg oor hul broer
Josef en nog steeds nie hul pa die waarheid oor Josef vertel het nie.
Het hulle dalk iets geleer.
Gebed:
Hemelse Vader, hoe is ‘n mens eerlik as jy weet dit gaan jou benadeel en die
lewe vir jou moeilik maak? Vergewe
ons dat ons soms leuens vertel om onsself te beskerm of om wat ons verkeerd
gedoen het toe te smeer. Laat ons
maar liewer die eerlike en reguit pad loop.
DAG
4: Lees Gen 43:15-18; 44:1-5
Dink
na: Josef se broers leer ‘n les wat hulle nooit sal
vergeet nie – op die harde manier. Josef
wil seker maak dat hulle sal onthou om nooit weer die goeie wat mense aan hul
doen te beantwoord met slegte dade nie.
Gebed:
Hemelse Vader, laat ons altyd onthou om aan ander mense te doen wat ons graag
wil hê hulle aan ons moet doen.
DAG
5: Lees
Gen 45:1-5, 25-28
Dink
na: Josef het beter insig gekry en is nie meer kwaad
vir sy broers nie. Hy het al
ingesien dat die Here iets goed laat kom uit die lelike en verkeerde dinge wat
sy broers gedoen het.
Gebed:
Here Jesus, ons is soms so begaan oor wat mense aan ons doen dat ons die groter
prentjie miskyk. Help ons om die
beste te maak van elke geleentheid en nooit uit te wees op wraak nie.
DAG
6:
Lees Gen 46:28-30; 48:8-11
Dink
na: Sjoe, dink net hoe bly was Jakob (Israel) om weer
sy seun te sien wie hy geglo het lankal deur wilde diere verskeur is.
Ons lees nie dat hy sy seuns voor stok gekry het oor hulle vir hom gelieg
het oor Josef nie. Dit sou in elk geval niks verander nie. Gedane sake het geen keer.
Dis amper tydmors om te baklei as daar iets gebeur waaroor daar soveel
blydskap is.
Gebed:
Here, bewaar ons daarvan dat ons so besig sal wees om foute te soek en te baklei
oor wat verkeerd is dat ons heeltemal vergeet om bly te wees oor wat mooi en
goed is.