BYBELLEES
6 – 12 September 2009
DAG
1: :
Lees Gen 28:16-22
Dink na:
Jakob is nogal voorbarig.
Hy stel voorwaardes. Hy
vertel die Here wat om te doen sodat hy, wat Jakob is, Hom sal aanbid en erken
as God en Here.
Die Here gee hom toe nie ‘n taai klap nie, maar laat hom begaan omdat Hy Jakob
(en ons) liefhet. Die Here laat Hom
nie deur ons “afsit” nie.
Gebed: Hemelse Vader, baie dankie dat U ons so
liefhet en dat U ons ook verdra, selfs as ons voorbarig is en aan U voorwaardes
stel.
Lees Gen 29:1-4 &
9-15
Dink na:
Hier is ons weer by ‘n put. “Onverwags”
kom Jakob by die put uit waarheen die Here hom lei.
Soos met sy pa, Isak, is die ontmoeting met sy vrou ook by ‘n put.
Gebed:
Almagtige Here, dankie dat U ook in ons lewens met ons ‘n pad loop – al sien
ons nie altyd U hand in ons lewe raak nie.
Lei ons op U pad.
DAG
2: Lees Gen 29:16-21
Dink na:
Wonderlik hoe die Here die vonkie van spesiale liefde tussen mense aansteek.
Lea se “sagte oë” trek nie soveel aandag as Ragel se “mooi bou”
nie. Dis wonderlik om halsoorkop
verlief te raak. Jakob is bereid om
7 jaar te werk om Ragel as vrou te kry.
Gebed:
Liefdevolle Hemelse Vader, dis so wonderlik om verlief te wees.
Dankie dat U ons so gemaak het en dat ons liefde en verliefdheid kan
geniet.
DAG
3: Lees
Gen 29:22-30
Dink na:
Dit lyk so al of Jakob se verlede hom begin inhaal.
Hy het sy broer en sy pa, Isak, bedrieg en nou word hy ‘n lelike streep
getrek deur sy oom, Laban. Na nog
‘n week kry hy toe Ragel ook as vrou, maar dit kos hom nog 7 jaar se werk.
So werk hy toe 14 jaar vir Ragel! Iets
wat die moeite werd is neem soms baie tyd en moeite.
Gebed:
Here Jesus, dankie vir al U tyd en moeite om my te verlos.
Gee dat ek geen tyd of moeite sal ontsien om in toewyding aan U te leef
nie.
DAG
4: Lees
Gen 29:31-30:2
Dink na:
Ai, en weer gebeur dit (net soos met sy ouma, Sara en ma Rebekka).
Daar kom nie nie kinders nie. Jakob
was reg in vers 2, net die Here kan hul situasie verander.
Deesdae gebruik die Here soms ook die mediese wetenskap om aan mense
kinders te gee. Soms kry mense
nooit kinders nie ... Hier wil die
Here ons wys dat, as ons nie meer ‘n plan of toekoms sien nie, beteken dit nie
Sy hande is afgekap nie.
Gebed:
Hemelse Vader, daar is soveel mense wat so graag kinders wil hê maar nooit kry
nie. Troos hulle asseblief in hul
verlange en hartseer. Leer ons U
vertrou wat uitkoms kan gee as dit voel of ons in ‘n doodloopstraat beland
het.
DAG
5: Lees
Gen 30:22-27
Dink na:
Soos wat Hagar vir Sara gespot het omdat sy eers nie kinders kon kry nie, het
Lea ook vir arme Ragel gespot. Maar
tussen al hierdie menslike liefdeloosheid en ongeloof deur was God tóg besig om
sy belofte aan Abraham van ‘n groot nageslag uit te voer.
Oor en oor sien ons dit
in Genesis: die mens wik, maar God beskik.
Ons kan God maar met môre
vertrou. Hy sal voorsien – al
sien ons nie ‘n toekoms nie.
Gebed:
Almagtige God en Hemelse Vader, vergewe dat ons so maklik twyfel en sukkel om U
te vertrou. Leer ons U vertrou, o Here, leer ons reken op u krag ...
DAG
6: Lees
Gen 30: 31-43
Dink
na: Kyk net hoe verneuk
familie mekaar! As dit gaan oor ryk-word
het mense – soos ons hier sien – soms geen beginsels nie. Dit gaan soms net oor rykdom.
Geen wonder “besit” lê so na aan “besete” nie!
Gebed:
Here, bewaar ons daarvan dat ons so behep sal word met besittings dat ons selfs
bereid sal wees om skelmstreke uit te haal om nog ryker te word.