BYBELLEES
23 – 29 Augustus 2009
DAG 1: Lees Gen 24:4-7
& 50-52
Dink
na: Abraham
het geleer dat mens die Here maar kan vertrou.
Abraham maak seker dat wat by doen nie dalk in die Here se pad staan nie.
Gebed:
Here, dankie dat ons U volledig kan vertrou.
Bewaar ons asseblief daarvan dat ons ooit in die pad sal staan van U werk.
DAG 2: Lees Gen 25:7,
19-23
Dink
na: Weer
het ons met ‘n vrou te make wat eers nie kinders kon hê nie.
Die Here het Rebekka dan aan Isak gegee?!
Isak bid en die Here verander haar lot – sy raak swanger.
Die Here vernader haar lot, want Hy kan.
Gebed:
Here, dankie dat U gebede verhoor en Rebekka se lot vernader het.
Help ons ook onthou dat U die lot van mense wat in ‘n doodloopstraat
is, kan verander.
DAG 3: Lees Gen 25:24-34
Dink
na: Hier
gaan iets verkeerd loop – dit kan ons maar weet, want elke seun is een van sy
ouers se witbroodjie en is voorgetrek. Voortrekkery
lei tot moeilikheid.
Dit
was – in daardie tyd – ‘n groot voorreg om die oudste seun te wees.
Jy het die meeste geërf van jou ouers, maar ook die verantwoordelikheid
gehad om vir jou ouers te sorg tot hul dood – ook ‘n voorreg.
Esau het nie veel van sy voorregte gedink nie en verruil dit sommer vir
‘n pot sop !
Gebed:
Hemelse Vader, baie dankie vir al die voorregte wat ons elke dag het.
Bewaar ons daarvan dat ons dit nie meer as voorregte sien of belangrik ag
nie.
DAG 4: Lees Gen 27:1-7
Dink
na:
Hier begin ons lees van wat kom as ouers kinders voortrek – dit lei tot
moeilikheid. Dis lekker om
voorgetrek te word, maar dit lei tot onregverdige behamdeling.
Die Here trek niemand voor nie – Hy het almal op hierdie aarde ewe veel
lief.
Gebed:
Hemelse Vader, baie dankie dat U nie soos mense maak wat soms witbroodjies het
nie. Dankie dat U ons almal met ewe
veel liefde behandel.
DAG 5: Lees Gen 27:19-29
Dit
is skokkend dat ‘n seun sy pa so kan bedrieg – en dit nogal met die hulp en
aanmoediging van sy ma. Dit kom nou
van ‘n voortrekkery. Kinders is
veronderstel om hul ouers te eer. Doen
hul dit nie, kom daar moeilikheid. Kinders,
hoe eer en respekteer julle jul ouers?
Gebed:
Here, bewaar ons daarvan dat ons mense sal bedrieg, veral nie ons ouers nie,
want U leer ons om ons ouers te eer en respekteer.
En U weet altyd die beste.
DAG 6: Lees Gen 27:30-41
Esau
is verniet so verontwaardig en kwaad oor sy jonger broer die seën van sy pa
ontvang het terwyl dit eintlik bedoel is vir die oudste broer, vir Esau.
Hy het dan sy voorreg verruil op ‘n dag toe sy honger maag harder
gepraat het as gesonde verstand. Hy
sal nou maar moet “slaap in die bed wat hy opgemaak het” sê ons mos in
Afrikaans. Hy kan niemand kwalik
neem nie.
Gebed:
Here, bewaar ons asseblief daarvan dat ons die lewe vir onsself moeilik maak
omdat ons – willens en wetens - dom of verkeerde besluite neem.