NED. GEREF.
KERK
Townsview
Paastyd 2010
Liewe Gemeente
Hiermee ons program vir die res van Lydenstyd.
Op Sondag 21 Maart is daar om
19:00 ’n erediens genaamd Paasherinnering.
Ons reël hierdie gedramatiseerde erediens aangesien heelparty lidmate
met Paasnaweek uitstedig is. Dit
sal ook Nagmaal insluit en handel rondom dit wat ons met Goeie Vrydag en
Paasfees herdenk. Na die erediens
gaan ons gesellig verkeer in die saal.
Hierdie erediens is vir die hele gemeente en nie net vir diegene wat Paasnaweek uitstedig sal wees nie. U is natuurlik ook altyd welkom om vriende saam te nooi.
Met Palmsondag (28 Maart) se
erediens om 09:00 herdenk ons die Sondag toe Jesus op die rug van ’n donkie
Jerusalem binne gery het en die mense palmtakke gewaai en klere voor Hom op die
pad gegooi het. Bring asb.
palmtakke saam na hierdie erediens. Dit
was ook die laaste Sondag voor Sy kruisiging.
Dan volg ’n reeks meditatiewe
dienste gedurende die Groot Lydensweek wat strek vanaf Maandag 29 Maart tot
Donderdag 1 April elke aand om 19:00 in die kerk vir 30 minute.
Ons dink dag-vir-dag na oor wat tydens daardie onheilspellende week in
Jesus se lewe gebeur het voordat Hy gekruisig is.
Dit sal die vorm aanneem van gepaste gewyde musiek, voorlesings en
bediening van die Nagmaal in ’n stil en gewyde atmosfeer.
Goeie Vrydag (2 April) is ons
erediens om 08:00 met Nagmaal. Na
die erediens gaan ons ’n kruis plant op ’n koppie in ons omgewing.
Die plek is toeganklik met ’n voertuig.
Paasfeesoggend ontmoet ons mekaar voor sonop by hierdie kruis vir ’n opstandingsbiduur. Bring asb. ’n warmfles met koffie en bekers saam. (Die presiese tyd sal tydens die erediens op Goeie Vrydag bekend gemaak word.) Om 09:00 is ons Paasfees-erediens soos gewoonlik. Bring asb. enige wit blomme saam na hierdie erediens. Daarna kuier ons saam in die saal om die opstanding te vier. Elkeen bring asb. ’n bordjie eetgoed saam vir die geselligheid na die erediens.
Op 18 April – die derde Sondag
in Paastyd - word die erediens om 09:00 ingerig as ’n Paassangdiens.
Ons vertrou dat u hierin sal kan
deel en dat die moeite wat ons doen daartoe sal bydrae dat Paasfees – die
belangrikste fees in ’n christen se lewe - vir u ’n spesiale belewenis sal
wees.
Geseënde
Paastyd